Aanlyn-profeet
Aanlyn-profeet
Jy weet meer as Wikipedia
die aap is uit die mou
op sosiale media
plant jy die beter hou
Jou intro weet al lankal
– wat die meeste nie verstaan . . . –
dan vloei jou dieper insig
soos water uit ‘n kraan
Dit waarmee bleek sterflinge stoei
het jy lankal uitgeklaar
die antwoorde wat in jou broei
is ‘n edele gebaar
maar die plig tot raad oorskrei jou baan
al word dit nie gevra nie
en word dit in die wind geslaan
kan jy dit nie verstaan nie
tot die krap-krap van jou credo
jou relevansie erodeer
en die radar van jou volgers
jou seine ignoreer
-cs-sept-2023-
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2023 – OOP projek