Jongste aktiwiteit:

Aanraking (vir Julie Projek

My oë flikker glimlaggend wakker

waar die sterrehemel nog helder skyn

flikflooi ligstraal in ’n sagte flonker

in die skimmeldag wat haastig verskyn

 

in die diepte van jou siel jou oë

straal liefde stroopsoet so wyd soos die see

liefdesgolwe trek en maak my bewoë

vreugdevolle minnelied doen ek mee

 

in boomtoppe se sagte gefluister

neem jou warm sjarme van my beheer

soos ek na jou liefdes woorde luister

is die aanraking betowerend teer

 

wanneer my fantasieë wegvlieg vry

moet jou liefde my hier by jou laat bly

 

©Anita van der Walt




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed