AFRIKAans
Mag ek droom
In @frikaans onder die huilende wilgerboom
In die lang gras naby die waterstroom
Daar waar mens woorde aanmekaar vas soom
Die bosveld wat my omvou
Die somersdag verskaf die hemel se blou
Asem die kakiebos in en begin aan jou siel bou
Piet roep sy vrou
Terwyl regop sterte vir wortels grou
En wat is mooier as die vere van ‘n pou
Of trotser as die kodigge breë bors stappie van die makou
Ek is my taal
Soos ek my woorde jaag na die kraal
My sinne verander in drukgange van staal
My storie saai ek, maar weens die reën is my oes effe vaal
Net daar sak ek op my knieë, dit is die tipe gebede wat ons waarde bepaal
My taal is ek
Draai ek om ‘n mik, rooi rek
Gedigte hang aan bome wat my kaalvoete onder rooi en swart vlek
Bring nader die “jam” vir daai gladde bek
My taal vloei deur my
Eensame krokodille wat in my strome bly
Die magtige Sabie se emosies hardloop vry
Daar waar piesang boorte nodige water kry
Oupa ry trekker terwyl ouma vir ons kouse brei
Besig om vir ons sonnige winters voor te berei
My taal lei van voor
Soos die ouers lanks die hoërskoolveld hul helde aanspoor
Of as Hansie ou Shane se draai balle op een knieg weg toor
Of waar ‘n berg se draak trots staan agter ‘n magtige seunskoor
My taal is my verlede
Ossewa sonder diesel het gehardloop op gebede
Daar waar hulle in ‘n sirkel rus bou hulle stede
Juis daar bring Nenna van Egoli gepaard met Nelson Mandela en ‘n linkerflank vir ons vrede
My taal is trots
Wys huisves hy hom op ‘n rots
Hy staan vas al dreig tsitsikamma se golwe om daarteen te bots
My taal is jonk
Hy sing saam die bosduif waar hy vir sy “duifie” pronk
Die vuur word aangesteek deur een klein betowerende vonk
My taal is ‘n reus
Hy stap na Goliat met vyf klippies, nul vrees
Maar vra oom Thys sy grootste vyand bly Kees
Dit vloei deur ons are dieper as vlees
Vra maar Loftus hy sal antwoord met gees
My taal is biltong
My taal is bier
Dit rym nie maar gaan saam om die vuur
Skatterlag word gedeel soos die laaste sonstrale ons lug versier
My taal is passie wat brand
Dit hou my siel instand
Daar waar hy in my rondwaal het ons ‘n onbreekbare band
Dankie AFRIKAans
Deur
Regardt Belo
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.