Jongste aktiwiteit:

Die Rooiwyn digter

Die rooiwyn digter

Saterdag aand het gebreek
Hy staar na die skoon blad wat in sy oë vas steek
Leë lyne wat honger aan hom vreet
Hy vat ‘n sluk van sy rooiwyn onoortuigend gereed

Sy woorde het hom verraai
Van hom vergeet, dood eenvoudig sy wang gedraai
Dit is somtyds die probleem met ‘n nuwe blaai
Verdriet staar met oop oë om die laaste draai

Insperasie het ontduik
Danksy die lewe se stryk
Honger is die siël vir die skrywer se praktyk
Maar om die draai het die “vyand” hom weer gefnuik
Sy sterkste swakhede teen hom gebruik

Hier waar hy staan, voel hy verward en verslae
Hy neem nog ‘n sluk, rooiwyn se bydrae
Sy hangende skouers verduidelik die onopgeloste vrae

Opsoek na iets draai hy om
Met die oorweldige bas van die hart se drom
Die pad terug trek onbekend krom
Hy neem nog ‘n sluk en draai na die horison
In die verte gewaar hy iets met die hulp van die opkomende son

Sonder dat hy weet sal hy besef
Dat insperasie soms tussen grafstene sy stem kan verhef

Sonder asem sweef hy nader
Tot by die grafsteen waar spoke vergader
Op die grafsteen onder die naam, saam twee bidende hande die volg die Onse Vader
Die hande smeek vir antwoorde by die Groot Berader

Lanks die steen vind hy plek
Op die groen gras bene reguit voor hom uit gestrek
Moedeloos begin hy ‘n uitaardige, bonatuurlike gesprek
Sonder om sensetiewe woorde te bedek

Moeg en sy wilskrag is klaar
Begin hy bulderend teen Hemele uitvaar
Net die rooiwyn wat sy gemoedsrus effe bedaar
Weer van voor af probeer hy, sy lewens onrus verklaar

Sy siel suis die geluid van die verwoede storm
Die golwe slaan teen die rotse, die oorlog woed voort die skrywer se norm

Hier waar hy hom vind
Swak en verblind
Nog ‘n storie met ‘n verdwaalde punt
Môre staan ons weer in die lyn, handjies bak vir ons Daaglikse Munt

Hy tel hom self op , stof hom af
En kyk af op die graf
Vir nou sal aanhou om homself te straf
Sy passie sit die kaarte neer, oppenente, wat mekaar ken roep hy die skrywer se “bluff”

Voor hy loop, lees hy die naam
Hy sit ‘oom’ voor want hy sien die datum links bo in die raam
“Vandag kry jy, oom Frans die blaam”

Hy word gestop in sy spore
In die stilte om hom sing daar ‘n stem verbuisderend soos ‘n verhoog vol kore
Die son in die verte dui aan dit is tyd om te gaan rus vir môre
Maar saam die stem kom daar ‘n lang, vaal oom na vore

In sy hande ‘n kitaar
In die hoek van sy mond ‘n halwe brandende sigaar
Vyf sekondes staan hy net en staar
Hy wonder angstig of is sy lewens paaitjie klaar
Hy staan verlam en probeer sy hartklop bedaar
Sonder ‘n woord, besig- peuter- stel hy aan ‘n valse snaar

Die ongemaklike stilte word bederf
Kennismaking tussen twee siele word gewerf

“My naam is Frans en ek is die geleentheid gegun,
Om verdwaalde reisigers ‘n storie te vertel van einde tot begin”
Hy staan verslaan wetend dit is ‘n onvoltooide sin

Dit word gevolg deur die klank
Suiwer rol note af van die snare vas gespyker op daai plank
foutloos en suiwer, geen onstap, sy tegniek het hom deurmekaar sy siel word geflank

Die deuntjie ken hy , die vraag is duidelik
Die note se woorde raak hom binne,
Die gesprek staar hom van voor onvermydelik

Singend vra hy vir ‘n slukkie van sy rooiwyn
Niks is verniet, skrywer betaal vir die samesein
Dors verstik hy soos hy wyn verslint, die druppels wat mors, loop saam die kitaar se grein
Afrikaanse “Gambler” sonder die trein
Elke akoord, verklap ‘n sweigende geheim

Soos die laaste noot klink
Vra hy met sy oë vir hom om nog een te skink
Hy neem die bottel en laat ‘n dors sluk sink
Hy kyk op met oë onder ‘n frons, daar word diep gedink

Die ongemaklike sekondes van starende vrae
Laat elk op sy beurt oor die lewe kla
Kitaar en pen swygend teen mekaar uitvaar

“Hê die mense om jou lief”
“Dood is die wêreld se grootste dief”
“Voltooi die lyne van jou halwe brief”

Hy gee hom kans om die waarhede te verwerk
In drie sinne maak hy klaar sy merk
Sy note speel foutloos en sterk

“Doen wat jou hart begeer”
“Al brand jou kaalvoete op die warm teer”
“Gaan sit en dink hard al verloor jy beheer”
“Voor jy praat laat toe dat die verwoede golwe binne jou kalmeer”

“Die mees belangrikste wat ek het om die gesprek te seël”
“Is om wat jy in jou siel het met mense te deel”
“Laat toe dat mense bietjie van jou lig kan leen-steel”

Soos die son verskyn
Begin meer en meer van hom verdwyn
Met die tragedie vat hy bietjie van die skrywer se pyn
Hy skink sonder dat oom Frans vra vir die soet rooiwyn

Terug waar hy rus
Is die vurige note geblis
Die laaste klanke van sy kitaar gaan lê stil saam hom in die kus

Skrywer sit nog verward en begin maar skryf
Oom Frans se note wat die storie stil aan dryf
Woorde wat rondwaal in sy kop kry ewe-skielik verblyf
Die pen steel bietjie by die spook en hou dit in sy ink styf

Sy woorde
Word akoorde
En wandel saam die skrywer na onbekende poorte

“Dankie oom Frans
Vir die kans
Die vrede gee my swaar emosies vanoggend balans
Dankie
Om saam oom op die hartseer musiek met woorde te kon dans”

Deur
Regardt Belo




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Karina Nel het n geregistreerde lid geword

  • Karina Nel het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak