Afrikaans is ons DNA
Afrikaans is ons DNA
geskiedenis van ons land, taal en kultuur
kombers ons toe met soveel herinneringe
maar vir die voortbestaan hiervan
moet ons Afrikanerkinders daarvan leer
weet hul nie waar hulle vandaan kom
wie, waar en hoe die voetspore van gister
getrap is, waardeur voorgeslagte is
kan hulle nie weet waarheen hulle op pad is nie
Ink Skryf In Afrikaans die bloudruk van ons taalgene
veg vir sy taal, sy kultuur, sy kerk en sy volk
moet die spore trap vir die nageslag wat volg
die grondslag lê vir die toekoms wat wag
hys die vlag, sing liedere, trek saam
praat, lees, skryf, bid en lag in Afrikaans
kom skrywers en digters laat julle ink vloei
sodat ons taal kan herleef, voortleef … oorleef
kom as volk bymekaar en span kragte saam
praat trots suiwer Afrikaans
poets elke woord silwerblink
laat Afrikaans tongtippie borrel en bruis
Afrikaans se DNA is vasgevang in ons bloed
klop polsend in ons hart en are
Afrikaans jy is ons taalrots waarop ons trots bou
van kombuistaal tot reus wat bo ander uittroon
hou vol om Afrikaans in beeldspraak en metafoor
te vereer, met digheuning te kwas en te skilder
literêre klanke, ritme, harmonie en melodieë
Afrikaans my taal, my trots, my toekoms … my tuiskoms
@Linda du Plessis 2023
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.