Jongste aktiwiteit:

Ek is jou man en jy’s my vrou..

Ek is jou man en jy’s my vrou..

Kosbaar is die lewe nou,
ek is jou man en jy my vrou.
In liefde sal ons saam lewe,
tot die dood ons eendag skei,
daai eerste keer hand vashou,
nog jonk en nie voorbereid,
Daai eerste keer onder die boom vry
mooi is die lewe nou,
ek is jou man en jy my vrou.

Saam stap ons die lewe in,
steun mekaar deur duk en din.
Jy is die beste mens ooit,
ek het jou lief met als in my,
sonder jou is my lewe onvoltooid,
saam maak ons drome waar,
vir jou my skat, vir jou is ek altyd daar.

Kosbaar is die lewe nou,
al is ons net tydelik vir mekaar geleen,
ek is jou man en jy my vrou,
saam sal ons mekaar altyd steun,
tot in ewigheid bly ek lief vir jou..

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed