Ander Dag.
Die helder oggend sonstrale gee siels nadenke.
My menswees n afgetjipte koffie blikbeker.
Jy kyk en kyk net,maar bly tog onseker.
Die merke,littekens van my innerlike.
Vandag bly nuut, vir my siel tot nuwe nadenke.
Ek mens ,wese het my iewers tussen gister
en vandag verloor,die werklik en
onwerklik te naby mekaar.Die waarheid en
Lieg te eerlik om te verstaan.Dus het ek my wese as mens versaak,deur my eie littekens mis tekyk wat tog vir my n padteken moet wees.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.