
Stap in my skoene vandag
Stap in my skoene vandag
Elke oggend dou voor dag
soek my voete my beste vriend se knus omhels
my skoene
wit blou swart groen pienk geel bruin
gepunt rond hoog laag toe of oop
tekkies drafskoene hoëhakke stewels op die aarde plat
stap ek deur my drumpel vandag
dalk op ‘n sleeptog dalk met huppel of op ‘n wals
my skoene
af met trappies oor marmer oor ‘n sandduin
die spore wat ek trap op die pad wat ek loop
deur vrede vreugde hartseer soms oomblikke van haat
druk my skoene my weer deur die dag
is my emosie vol teleurstellings woede en ek rebels
my skoene
is die afdraendes of gelyktes minder as die steilste kruin
my skoene vol stof en modder sonder geloof en hoop
of blink hulle skitterend op my uitgelegde lewenspad
is kritiek op my beste wat ek gee elke dag
mense wat nie in my skoene loop wat vals
my skoene
vermy omdat hulle weet dat die branders bots en hoogte na die kruin
volkome van alle menswaardigheid gestroop
maar my skoene die doringgesaaide kronkelpad moet vat
ek nooi jou uit kom trek aan my skoene vandag
kom stap die tree en kilometers terwyl hulle jou voete omhels
my skoene
jou hakskene en tone nerfaf skuur of sagkens in die tuin
van die lewe voetspore trap waarop ander wil loop
en saans uitskop vir daardie welverdiende voete-bad
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.