Jongste aktiwiteit:

Simfonie van die see

Simfonie van die see

Die see sing sy liefdessimfonie
klanke van instrumente een twee drie
mengsel van skoonheid en smaak
wat sout op die tong raak
branders teen rotse wat dan sag op die strand vee
asem van die mengmoesreuke uit die see

Rotse flymskerp swart en rond omsoom
waarteen branders sag klots en wild stoom
in harmonie hoog en laaggety
in uit in uit oorverdowend dromslaan begelei
spierwit skuimspat sonder ophou
om rotse met watervingers vou

Klanke teen die spierwit strand
waarteen die harmonie soos fluit en viool op die sand
saggies kronkel oor voete in die see
op dieselfte toonhoogte aftree
bladmusiek nêrens dieselfde vir sy seelewe soveel
saam met koraalriwwe en seestrome ritmies dirigent speel

Soos die see is ons lewe die simfonie van geloof
van ons aanbidding van eer en lof
elke orkeslid in God se plan wat die simfonie klank
voller vol maak met glo vertroue hoop en dank
die Woord as die bladmusiek waaruit ons speel
toonhoogte die liefde wat ons met mekaar deel

Die simfonie orkes het sy dirigent wat die rigting gee
die Heilige Gees wat vir ons met insig en wysheid intree
die simfonie orkes het ons as sy gehoor
is ons met ons lewens daad en woord die koor
elke mens is van God se simfonie orkes gekies as deel
om in harmonie en dieselfde toonhoogte te speel




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed