Armoede gedagtes
Armoede
Hoe dikwels word ons gemeet
aan hoeveel ons besittings is?
Gou kom die uitspraak: sien:
jy is : arm of ryk…
Ou gesegde: in die sweet
van jou aangesig – gewis
sal jy jou brood verdien
tot die dag dat jy beswyk…
Wie is ons dan om te meet
wie die regte rykes is…
Is die wat ander dien,
wat soos Jesus lyk…
©Marlene Erasmus
24/07/17
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.