Voetspore in die sand
Voetspore op die strand
Vandag kyk ek terug
oor die sand op die strand
op my
v voetspore in die sand
o oor golwe duinings branders
e ek en jy dans droomverlore kaalvoet onder die maan
t tel skulpies op
s sonbaai op die strand en het
p pret met vakansietyd
o ons oë begeer vakansie op verbygaande skepe
r rol bloedrooi gebrand ons handdoeke op
e en gaan kyk uit die ligtoring terug
na van gister en toeka gelede se voetspore op die strand
kaalvoetspore so sag soos satyn in die sand
sommiges dof as die branders dit wegvee op die strand
spore wat loodswaar trap deur kruise gelaai
op my skouers en te diep en nie toegewaai
slinger diep en lang tree heen en weer en draai af
selfs met ligtorings se waarskuwing op seestrome waarop ek sou loop of draf
soveel kere menigtal vreemde lewensskepe se see-spore wat ek tel
waar ander my op seerkry afgooi branderry sou vergesel
fyntjies spoortjies trippel drie-in-een
kleinkinders aan my hand vir my geleen
sleepspore waar ek hondmoeg en gedaan
myself op my moeilike lewenspad baan
growwe 4×4 spore op verbode strand by die klipsteiltes hoog na bo
afdraandes waar ek vir krag van Bo sou glo
dink ek is alleen, maar my voetspore wat skielik stop en vervang
word deur onsigbares in tye wanneer seestorms woed en donkerwolke hang
dan sien ek dis die geestelik spore deur God nagelaat
maar ook my seermaak/geneesspore in ander se lewens deur woord en daad
en as ek baie mooi kyk sien ek ek was nooit alleen
die Heilige Gees se voetspore altyd daar om my te vergesel met sy Genadeseën
nou kyk na voor maar ook na bo in my sandvoetspore na Jesus se genadespoor
om daarin te volg en nooit Hom as my Ligtoring my Hemelbestemming sal verloor
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.