Jongste aktiwiteit:

Kom ons dans in die reën

Dans in die reën

Kom gee my jou hand

en

kom ons dans in die genade van Bo en in die reën

kom ons dans in die reën
met die wolke wat stort oor ons plesier
en ons arms omhoog kan tiekiedraai
in die hemel se trane wat oor ons speel

Kom ons dans in die reën
Polka dans in die melodie van die reën

kom ons dans in die reën
om ons liefde vir Hom uitbundig te kan vier
en ek almal teen my hart druk en draai en swaai
ons vreugde en lag met mekaar te kan deel

Kom ons dans in die reën
Foxtrot dans in die musiek van die reën

Jakkals trou met Wolf se vrou
as die son van genade deurbreek en ons vol drome
kaalvoet waterspore trap wat sprinkels op laat spat
en ons vergeet van gisters en van die seisoen toekoms van more

Kom ons dans in die reën
Rieldans in die klanke van die reën

elke lag en elke traan sal ons onthou
soos druppels verander in ‘n waterstroom
ons op ons toekoms en nuwe plantseisoen vat
nalaat in waternat opgewonde huppel spoor

Kom ons dans in die reën
Masurka dans in die woorde van die reën

uitbundig en lewenslus in elke lag
as ek God se genade in my arms hou
vreugde en blydskap teen my bors in die wals van die reën
totdat ek uitasem net vir myself kan lag

Kom ons dans in die reën
Setties dans in die liedjie van die reën

as die hemel droog word kan ek nie wag
om,my arms na die hemel te gaan vou
want ek weet elke druppel is genade van God se seën
voordat die reën verdwyn op die horison van ‘n nuwe dag

Kom ons dans in die reën
Vastrap dans in die ophou van die reën

die genade is baie naby my hart
en ons droë spore op die plaas toegereën…toegewaai
en druppels nou ook spat in die dankbaarheid in my hart
voetspore van poele genade nou vol nuwe saadjies gesaai

Kom ons dan in die reën
Wals dans in die laaste trane van die reën

jubel en dankbaarheid in my hart
waar reënwolke en druppels val is n nou draai en draai en draai
ek was in die droogte op Bultfontein deurmekaar, rigtingloos, verward
maar met die ritme op die sinkdak dans ek nou met ‘n wilde swaai

Kom ons dans in die reën
Dans uitbundig in die Bo se seën

Kom ons dans in die reën
met die musiek op die sinkdak en die druppels wat op die grasperk spat
en ek nou buite in die poele van genade met my kaalvoete druppels trap
arms na Bo in die dankbare stilwees van die genade van die reën

© Kopiereg Linda du Plessis 2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed