As Ek Soggens Ontwaak
As Ek Soggens Ontwaak¬¬¬¬
As ek soggens ontwaak
is jy die eerste een op
wie my oë liefdevol rus
al is jy nog in droomland—
Jy is die liefde, vreugde en rede
waarom ek my dagtaak kan aanpak.
Elkeen gaan sy weg waar
werk en pligte roep
met die seker wete
vanaand kom jy huistoe
want jy is myne,
my rus en vrede,
en vanaand is jy die laaste een
op wie my oë liefdevol sal rus
en in wie se arms ek veilig en
knus sal nestel—
Janetta – Helena [Babs]©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
borrels
Kosbaar-mooi