Laventel
LAVENTEL.
vanjaar bos laventel
mals heuphoog
in die vleie van my
hart,
persblou skakerings
wink welig oordadig
om jou sag neer te vly
verlustig in die vrede,
aroma van gekneusde
blaar stam en blom
wat welriekend geurig
jou verkwik.
naby my hou.
©linda
5 Kommentare
-
Toom
Ekskuus: Dankie, meen ek natuurlik. GvT
-
borrels
Dis sommer net mooi vir my
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
Dis ’n mooi eersteling! Danie!! Dis so mooi ek kon wens dat dit as leuse vir my filmresensie kon dien!!! GvT