
As weer my oog die fluister van jou lippe vang…
Toe my oog die fluistering van jou lippe vang
klink ek is nogal lief vir jou na ek is bang…
En toe weet ek -deur telkens oor en oor verloor!-
die bloedhond van jou twyfel snuf reeds op my spoor.
Seerverlange vliet sinds deur vensters van onthou
van helder dieplêmaanskynnagte in die dou
toe ek, ontwakendhitsig, jou in my arms neem
met gang van vurig’ erotieke spel wat in ons reen!
Ja, in maanskynskadu wat veloersag skemer
in diepernag, as verlang die slaap laat sluimer
deur werking van geluid ontydig opgewek,
bly drup die trane van jou beeld wat in my lek…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.