Asemloos
onder die koelte van jou wingerdboom
bot my vreugde, my geluk
het jou gebede my siel oorstroom
kan ek my toekomsdrome kom pluk
op jou klam gras
ontdek ek die roete na jou prieel
waar ons lywe perfek inmekaar pas
het jou liefde my hart geseël
jou soet korrels
prikkel my lieflik lyflik
soos soet sjampanje borrels
jou passie proe onbeskryflik
asemloos oor jou lyf
wil ek my liefde woordeloos vir jou skryf
©Jessica Venter
21/10/2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.