Baksjisj (Bakhande Bedel)
Baksjisj (Bakhand Bedel)
Die jaar is op dreef en ek hoop
dat almal werk en brood op tafel het
en ek staan dankbaar
voor ons Vader as Sy kind en ontvang
Sy genade daagliks dankbaar biddend
klaar betaal verniet uit Sy Vaderhand Sy
seun se lewensbloed die hemelse kwitansie
daarom hoef ek nie daarvoor te bedel en
daagliks baksjisj te staan net vra en dankie sê
vir Sy genade, en hy seën ons daaglikse brood
deur sware arbeid en vroeg opstaan verkry
deur krag na kruis te gee, maar sê die Psalmis,
Hy gee dit net so goed vir Sy beminde in die slaap. (Ps 127:2)
Janetta – Helena [Babs]©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Elroux
Lieflike gedig wat dankbaarheid uitstraal Babs