Jongste aktiwiteit:

Engel op jou pad

“My Engel en engel op my pad ” verhaal ek in digvorm met my ware
verhaal van die aanloop, voorloop, verloop en naloop van vier dae en
daarna waar ek aan ‘n suikerkoma geraak het, maar ‘n aardse EN my
Hemelse Engel my sou red. Die aanloop en voorloop skryf ek sodat
lesers sien hoekom ek in ‘n semi-koma was en die verloop hoe my
aardse engel deur my Hemelse Engel gelei is om onmiddellik te kon weet
wat fout was en die naloop waar ek besef het dat ek ‘n tweede kans
gegee is en nou in my Hemelse Engel se diens te kan staan deur
gemeenskapdiens en Hy my nadat ek uit die Boertjie Kontreifees getree
het, op 60 jaar ‘n digtalent laat ontdek het en my eerste
foto-digbundel:”Suid-Afrika deur die oë van ons lense met kiekies en
gedigte” op ‘n skip op pad Suid-Afrika toe is.

Inskrywing in digvorm: Gryskrag
“ENGEL OP JOU PAD”
Na ‘n hele jaar se harde werk raak die feesterrein Donderdagvroeg in
rep en roer
werkskaf ek al lam in die bene en die organiseerders, uitstallers en
boer
met honde wat blaf, beeste wat luidkeels bulk en skape blêr
perde wat trippeltrap en word hoenders se vere reggesny met ‘n skêr
restaurante en eetsalonne braai reeds en etes word bedien
terwyl Volla en ek wat al sielsmoeg was sonder ophou na alles moet
toesien
elke helper elke skoonmarker elke hekbemanning is op hul plek
ek eet niks want ek het nie tyd en die feestafels is vir die
feesgangers gedek
boere verenigings ding mee om die stoflooptrofee
leerders hardloop die terrein plat op hul skattejag betyds in te gee
en terwyl ek af en toe op wolke loop, kul Giepie kul jou hier en kul
jou daar
met my bloed klaar aan die baklei word bloed geskenk en jaag slange
banges effe deurmekaar
Vrydag is ek wat al hoe swakker voel al vroegdag op en was dit ‘n
miernes op die terrein
beeste wys hul skoonheid, skape en bokke hul wol wie s’n is te fyn
Boerwindhonde paradeer saam met hul eienaars in ‘n kring
ek al moeg-krom maar perde fier en perfek pronk vir eienaars waar
hulle wen trots bring
in die sale pronk duisende hoenders en een groot geraas
speel kinders in boeresportkompetisies wat wys wie is baas
ek rond hardloop want sesuur is die Vollassaal vol gepak met sowat
vierduisend stoel
want verskeie Afrikaanse sangers gaan optree en op die verhoog sing en
woel
Saterdag sleep ek my in stilte voort en maak hardlopers al sesuur warm
vir hul resies
word fietse nagegaan vir kilometers op die pad van groot tot
kindertjies
dan kom een van die hoogtepunte aan die beurt maar ek bitter moeg en
vir myself vies
want ek sien en hoor soos in ‘n droom en is daar ‘n swakheid in my dun
beentjies
die dag moet aangaan en fyntjies in hul rompies en nommer op die
borsie en rug
is dit hul beurt dat Pa’s hul onfiks bene verrek
ek sien deur moeë ogies mammas met Samsung video neem en kliek-kliek
in die lug
Ouma en Oupa met pannekoek in die hand of roomys lek
kyk hoe Sus voetfoute maak bal gooi mis vang doel mik
doelpale staan kierts regop en wag vir die bal
my bewende bene en binne senter hulpdoel verdediger hoofdoel wik
watter maatjie die beste uitspring rondspring sonder om te val
dogters speel hul harte uit en die beste wat hul kan
ma en juffrou troos met sneesdoek en soentjie nerfaf eina
wen of verloor dis deelname wat tel en die lekker daarvan
die fakkel van sportmansgees wat die spel oordra
ek sit toe al hoe meer en my bene jellie en ek weet my lyfie waarsku
my
maar voortgaan moet ek om die fees aan die gang te hou as ek teen
moegheid stry
terwyl die mooiste dametjies en jong here met hulle mooiste uitrusting
mnr…mej…mev…baba kompetisie tot Ouma en Oupa saambring
laat ek ER 24 my bloeddruk en bloedsuiker toets vir ingeval
en waarsku my toekomstige engel op my pad dat my suiker het erg geval
maar vir sit is daar nie ‘n kans en staan my etes onaangeraak
al weet ek dat ek teen te lae bloedsuiker wat dodelik kan wees moet
waak
Gymkana wys hulle slag om penne raak te slaan
pragtige perd en sy ruiter wys toertjies op die baan
sien ek deur newels die skattejag, reptielvertonings, volkspele
tiekiedraai
feesgangers skree, lag, kuier, koop, kyk en sommiges braai
Lasher hou die jonges besig en ER24 wys hoe hulle lewens red
talentkompetisies waar beoordelaars op die beste talent let
sien ek lam bene toe hoe word vyfduisend stoele uitgepak vir
Afrikaanse sang
te min plek dans die jongklomp buite om gees te vang
Sondag sou dit kerk en dankie sê omdat die fees is om te dien
en ons seën vra om mekaar weer volgende jaar te sien
Dan kom Sondagoggend en min het ek geweet wat wag
halfses die oggend met harde werk sewe dae dag en nag
met min eet en drink het my bloedsuiker stilletjies tot een punt agt
geval
voel ek sleg en voor ek nog mooi weet het ek soos ‘n paal omgeval
eers nog bewerig met die selfoon gepraat toe die donkerte my omvou
en my man in groot skrik my rukkend en bewusteloos in sy arms hou
God het geweet hoekom ER24 engele die nag op die terrein oornag
met geen reaksie in my oë het hulle besef dat ‘n suikerkoma wag
my engel op my pad het gehardloop en besef sekondes het getel
sy metertjie en glukose sakkie het hy geen pols en asem opgetel
my noodasem gegee terwyl die ander engel glukose deur my are laat
vloei
my engel op my pad het met my lewe, my asem en hartklop gestoei
na ‘n uur het ek reageer en toe ek my oë oopmaak
het vier engele om my bed gestaan want elkeen was besig met hul
liefdestaak
ek onthou so effens dat my engel my naam sonder ophou roep en my wang
saggies klap
iewers daar êrens in die donkerte het ek oor oop vlakte in ‘n helder
lig oorgestap
my engel(e) op my pad sou my lewe vir altyd verander drie keer daardie
dag
maar een spesifieke engel op my pad het elke keer perfek vir my lewe
geveg
donkerte lig stemme stilte donkerte lig by die werklikheid dan weer
weg
drie keer het my Hemelse Engel my teruggestuur want sy plan was vol
genade en omgee
met my in die ambulans en my aardse engel wat Hy op my pad gestuur het
langs my, het Hy my ‘n tweede, derde, vierde kans gegee
my man en feesgangers was benoud en bekommerd en vandag weet ek Hy het
nog soveel planne met my gehad
my Engel en sy aardse engel op my pad het my drie keer gered toe die
suikerkoma aan my lewe kom vat
met my gemeenskapdiens, ink skryf in Afrikaans en afrikaans.com [1]
wat ek intussen ontmoet, die verskil wat ek kan maak, my eerste
foto-digbundel wat nou die lig sien
kan ek twee jaar later die gedigverhaal van my Engel(e) op my pad
skryf en met ‘n huppel in my stap my naaste en my Hemelse Engel op my
pad tot eer van Hom dien
Linda du Plessis




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed