Jongste aktiwiteit:

Beesboude en binneblaaie 359 Woorde Silwer klas

Al draai ek die spiëel watter kant toe, die broek sit vanmore regtig bietjie styf. Al draf ek nou ook om die blok gaan daai boude nog steeds bewe wanneer ek loop. Beesboude.

Wragtag sal die duiwel sy sitplek vanmore op my skouer kry. Die bed lê vol klere soos wat ek aan en uittrek. Die pens wys te veel in die een, die boude swaai in daai een. Griet, my bene lyk soos spykers wat ‘n tafel regop hou. Het my klere oornag gekrimp? Of was dit daardie laatnag lekkerte net voor slapenstyd? Hoe dit ook al sy, niks pas vanmore nie.

Diep agter in my kas grou ek die groter nommer broek uit. Bietjie los om die magie, maar perfek om die boude. Lig eers die een heup, dan die ander. Ja wat, nie te sleg nie. Dit is toe ek die hempie oor my skouers trek wat die benoudheid my slaan. Vader van genade help! Hier staan ek. Arms na bo. Hempie halfpad oor my kop en die ding wil g’n steeks verder nie. Skreeu kan ek nie. Dit gaan in ‘n histeriese lagsessie ontaard. Ek loer deur die klein knoopsgat na my komieklike figuur in die spiëel. Hygend hert dit lyk of ek Sondag se “praise en worship” gemis het. My arms strek na bo en die hempie span uit sy nate oor die binneblaaie van my bo-arms. Ek moet hier uit.

Dis ‘n gesteun en gekreun soos die eerstespan se skrum voor eindtyd. Dan pop die patats woeps in plek. Jinne het ek ook vandag ‘n “cleavage”? My een wenkbrou lig so halwe sentimeter wanneer ek die berge en dale in die weerkaatsing beskou. Hempie, vandag moet jy hou, ek hou van wat ek sien. Vannaand sal ek maar die skêr op jou loslaat maar vir vandag spog ek met gawes en rondings op die regte plekke.

‘n Klap op die boud en ‘n “hallo my sexy” laat my skoon vergeet van al die ekstra ponde op die lyf. Ek gooi my arms styf om manlief se nek. Hy sê mos hoeka hy hou van vleis en ‘n lekker repie vet op sy tjoppie.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed