
Januarie 2021 – Verwagting/e-projek Uitslag en kommentaar
Baie geluk aan die 10 lede!
WENNERS:
Gedigte:
Brons:
no 28 / Alexanderbaai Annemarie vd Merwe
no 26 / Vergeet en vergeef Reinette Thiart
no 10 / REËN OP MY PARADE Helena Mellet
Silwer:
no 4 / Dood van ‘n vlinder Morne du Preez
no 5 / Geanker aan hoop Driekie Grobler
no 14/ Troudag Andries Fourie (Seirdna)
Goud:
no 18 / Roekeloos Anzè Bezuidenhout
no 17 / Skadu’s Anzè Bezuidenhout
no 20 / Onaangeraak Caren Kearley
Gorrel:
no 4 / Wipplank van my gemoed Marlene Erasmus
no 2 / Cheers op 2021 Driekie Grobler
no 1 / Oordenking (skrywer onbekend)
Rubrieke:
no 3 / Om te hoop of nie te hoop nie Ano
no 1 / Wat ons glo wat ons is Driekie Grobler
no 2 / Waar le jou hoop Marlene Erasmus
Artikels: Geen inskrywings
Verhale:
no.1 / Draai roomys Helana Mellet
no 2 / Die Skool juffrou Reinette Thiart
GEDIGTE:
BRONS:
Nuwe lote (1)
Die gedig lees baie kripties. Gedagtes is ongemotiveerd en metafoor wat gebruik word om die menslike toestand te omskryf is lomp. Die idee dat die beste van die mens se karakter onder druk gevorm word, is ook effe geyk, maar dit kan tog wel suksesvol aangebied word. Die verwysing na konfyt is egter vars maar die konstruksie van vers verg aandag. Geliewe die kommentaar as aansporing te gebruik om jou vers te redigeer.
Onmag (2)
Ek persoonlik dink dat die metafoor van ‘n duin die veranderlike toestand in die mens se psige en omstandighede baie mooi beskryf. Ek het egter ‘n paar uitdagings ervaar met die lees van jou vers. Die idees en gedagtes is onsamehangend, ongemotiveerd en konstruktief slordig. Die vers is ook “herhalend”. Ek wil dit beter verduidelik. Vir ‘n suksesvolle vers, moet daar op ‘n sekere punt ‘n merkbare volta (ommeswaai) wees, waarna die vers ontknoop. In jou geval wild it voel asof daar meer as een volta is, maar dan keer die “negatiewe” gedagtes weer terug. Jou vers ontbreek ook aan funksionele lid- en koppelwoorde wat die vers (vir my in elk geval) baie kripties laat. Kontak my gerus op inkmoderator@gmail.com indien jy hulp benodig om die vers te redigeer.
Vrees (3)
Die rympatroon is heerlik. As digters moet ons daarop let dat ons nie sinlikheid met rymlikheid vervang nie. Ek verwys veral na die laaste twee sinne in jou vers. Hier gebruik jy net die woord “gly” om met “afgesny” te rym. Ko mons wees eerlik: sal jy in jou dialek en gesprek praat van drome wat op vlerke gly? Let daarop dat jy nie net woorde kies om te rym nie, maar dat dit ook sin maak. Ek hou egter van jou vers. Dankie vir jou deelname.
As die kiewiet roep (6)
Alhoewel ek baie van jou vers hou, sal ek nie spelfoute duld nie. As digter het jy, buiten ‘n paar ander instrumente, net woorde om jou kuns tot stand te bring. Indien jou woorde vol spelfoute is, is dit ‘n teken van slordigheid. Neem as voorbeeld, ‘n skilder: sou mense sy werk bewonder as hy lukraak kleure vermeng? Dieselfde gaan vir spelling in digkuns. Daar is GEEN verskoning daarvoor nie. Indien jy gereken wil word as ‘n digter, maak seker dat dit klein, maar belangrike, gedoen is.
Erfdeel (7)
Die woordkeuses in jou vers is snaaks. Hoekom gebruik maak van ”geen wanhoop wandel in my wese” as jy bloot van “hoop wandel in my wese” gebruik kan maak? Wat bedoel jy met “bedekte gebed”?
Ek hou van die ritmiese patroon van strofe 3 tot 5. Die vers bou aan ‘n sterk en oortuigende einde.
Wagtend (8)
Ek hou baie van jouk ort en kragtige vers. Ek sou voorstel jy oorweeg ‘n eerste strofe soos volg:
“’wyl ek wag
vir jou besluit
of jy my bemin”
Sal die skrywer dinge “verduur” soos gedigte lees, liedjies fluit en aangename gedagtes koester (gekousde voete liefkosend strengel) of sou ‘n beter beskrywing nie meer van pas wees nie?
Miskien more (9)
Hierdie vers roer my hart. Dit is die werklikheid vir soveel mense, wat toe hulle kon, mooi omgesien het na hul geliefdes. Nou is hulle vergete “weggepak” in tehuise, waar min die nodige aandag kry. Ek dink jy het ‘n werklikheid hier aangeroer. Mooi vers.
Reën op my parade (10)
In lyn 6 sou die woordorde so beter klink: “agter die rand uit kan beur”. Die res van die vers is lieflik met ‘n heerlike verwagting en dankbaarheid oor die reën. Mooi vers.
Miskraam (11)
Alhoewel die inhoud hiervan die warboel van emosies moet beskryf, en veral teen die agtergrond van so ‘n tragiese einde, wil ek tog daarop wys dat die kriptiese aanbieding die vloei en ritme baie steur. Om dit te vermy, kan jy funksioneel van punktuasie gebruik maak. Die vers het baie potensiaal.
Gloednuut (19)
Die vers ontbreek ‘n ontsluiting teen die einde. Moet die sin nie eerder “sal dit nie ‘n kortstondige nuwigheid wees nie?” lees nie? Die inhoud is keurig met interessante neologismes. Dit s altyd moeilik om “geestelike” verse te krit omdat die skrywer dit as kritiek op hul geloof eerder as op hul vers ervaar. Ek wil dit duidelik maak dat kritiek in hierdie genre slegs van akademiese aard is en nie ‘n refleksie op jou persoonlike oortuiging nie.
Arms gevou (22)
Is dit “dowwe” of “dorre” grondpad. “Dorwe” bestaan nie. ‘n Woord van een konsep/idee is, word altyd as ‘n kopplewoord geskryf, nl. “plaashek”.
Die skrywer verwys na sekere tye in herinnering, plekke en gebeure in ty den dan word daar na tydloosheid verwys. Dit maak bloot nie sin nie. Tydloosheid kan nie bepaal of gekwantifiseer word nie en daarom in die woordkeuse totaal verkeerd. Dankie vir jou deelname.
Digters (25)
Dit is ‘n kort en kragtige vers. Persoonlik pla die oordadige gebruik van verkleiningsvorme. Dit kan egter geredigeer word.
Vergeet en vergewe (26)
Jou haikoe is pragtig. Uitstekende ritme en metrum.
Sondag by Augrabies (27)
Jou vers beskryf die menslike toestand van onvergenoegdheid baie mooi. Die manier waarop jy die vers ontwikkel is baie interessant. Baie mooi vers.
Alexanderbaai (28)
Ek het geen kritiek op hierdie vers nie. Pragtig! Wat ‘n wenner.
Seisoene van die lewe (30)
Sinne in jou vers is baie lank wat die metrum en die ritme steur. Jou vers sal mynsinsiens baie sterker wees indien jy ernstig daaraan knip. Dankie vir jou deelname.
SILWER:
Die dood van ‘n vlinder (4)
Dit is ‘n uitstekende, sterk en kragtige vers. Ek het geen kritiek hierop nie.
Geanker aan hoop (5)
‘n Pragtige sagte versugting; ‘n bidvers. As ek hierop kritiek moes lewer sou ek opmerk dat dit tipografies netjieser sou lyk indien al die stansas kwatryne was, maar ek weerhou my eerder. Dit is ‘n besonderse gedig. Welgedaan.
Tussen niks (12)
Ek vind dit moeilik om verse met ‘n geestelike ondertoon te beoordeel. Waarom? Skrywers in hierdie genre ervaar kritiek op die werk as ‘n aanval op hul oortuigings. Ek wil dit onomwonde noem: my kritiek is akademies en tegnies van aard en moet nie gesien word as sodanig nie. Die een sin in strofe 1 is baie lank en versteur die ritme. Opvolgende strofes moet slegs met hoofletters begin indien dit deur punktuasie voorafgegaan word. Die res van die vers is keurig.
‘n Hart wat omgee (13)
Jy maak gebruik van ‘n gebroke rympatroon. Dit is aanvaarbaar, tog, wil ek jou aanmoedig om altyd daarop te let dat rym ‘n kragtige instrument is wat die digter het om sy/haar vers sterker te maak. Dit gesê, dit is belangrik dat woorde gekies word wat ook sin maak en ‘n bydrae lewer tot die vers, anders lei dit tot dwangrym. Ek verwys nie spesifiek na jou vers nie, maar ter wille van verwysing in die toekoms. Goeie vers.
Troudag (14)
“Boesemblom” is so ‘n heerlike neologisme. Ek hou baie van jou vers. Ek het werklik geen kritiek hierop nie, behalwe dat ek dit nie werklik die karakterisering verstaan nie. Jy kan gerus met my gesels by inkmoderator@gmail.com
Geroeste drome (15)
Die woordorde in jou vers is uitdagend. Ek noem een voorbeeld. (Strofe 1, lyn 4): “waar ek met vlindervlerke broos kan vlieg.” Met die woordorde soos jy dit pen, wil die leser lees asof die vlieg aksie broos is en nié die vlerke nie. Dit kan eerder “waar ek met broos vlindervlerke vlieg” lees. Die inhoud is ook effe onsamehangend. Die skrywer (narrator) begin die vers deur nah om/haarself te verwys en dan teen die einde word dit ‘n les (aansporing) vir andere; die vers begin met “ek” en sluit met “jy”. Ek hoop jy verstaan wat ek hier bedoel.
Vindicta (16)
Ek sukkel effe om die tema opdrag in jou vers raak te lees.
My droom vir jou (23)
Ek dink indien jy in hierdie geval van punktuasie gebruik gemaak het, sou jou vers sterker gewees het. ‘n Enjambiese aanslag is goed en geregverdig indien die skrywer ‘n vinniger ritme wil bewerk. Jou vers is ‘n gesprek met jou kind, en moet dus nie gejaagd lees nie. Die idee in jou vers is mooi, maar skep rusposes vir die leser om langer te vertoef in jou versugting en verwagtinge.
Hoop (24)
Die sin “Die son dans rooirok op die horizon” is pragtig. Dit is ‘n lifelike beeld. Sluit asseblief jou vers met ‘n vorm van punktuasie indien dit met ‘n hoofletter begin. Jou vers is keurig.
Verdor, verstar in tyd (29)
Die gedig lees los en vas. DIt voel soos ‘n versameling gedagtes wat nog nié reg georden is nie. Probeer, in hierdie geval, veral as jy in die genre van die menslike toestand skryf, om ‘n volta te bewerk waar die leser ‘n ommeswaai kan sien en bemoedig wegstap. Ek besef dit is nie jou plig om te bemoedig nie, maar onthou wat TS Elliott gesê het: “Good poetry will move you even before it is understood.” (Vergewe as ek dit aanhaling nie woord vir woord korrek het nie). Skryf om emosie te verwek; dit bewerk wondere.
GOUD:
Skadu’s (17)
My enigste kritiek op hierdie vers is, mynsinsiens, die ontbreking van punktuasie. Dit sou die vers kragtiger gemaak het. Pragtige werk.
Roekeloos (18)
Geen kritiek. Uitstekend.
Onaangeraak (20)
Pragtige, aardse en beeldryke vers. Welgedaan.
Genooide gas (21)
Dit is ‘n aangrypende vers, maar, dit is ‘n beeld wat ek al menige male in film en selfs in woord raakgeleesG het. Geyk.
GORREL:
Oordenking (1)
Jou titel beskryf dit raak: “Oordenking”. Die gedagtes voel so effe losstaande, maar dan, dit is juis waarom ons dit ‘n gorrel noem.
Cheers op 2021 (2)
“Cheers” is vir my persoonlik so ‘n lelike woord, maar dan maak die inhoud van jou gorrel op daarvoor en moet ek sê: Welgedaan!
Die klawerblaar (3)
Let asseblief op spelling. Dit is die een instrument wat die skrywer het waar daar geen kompromie is nie.
Die wipplank van my gemoed (4)
Geen kritiek hierop nie. Welgedaan.
RUBRIEKE:
Wat ons glo is wat ons is (1)
Goeie skryfwerk. Goeie balans tussen dialoog en inhoud. Welgedaan.
Waar lê jou hoop? (2)
Goeie rubriek met baie inligting. Een kritiek is dat dit vir my baie kripties lees, soos ‘n “powerpoint” en nie ‘n rubriek nie. Dit is steeds aangenaam. Dankie vir jou deelname.
Om te hoop of nie te hoop nie (3)
Dit is ‘n keurige rubriek. Welgedaan.
ARTIKELS: GEEN
VERHALE:
Draairoomys (1)
Ek sou wou sien dat die storie effe meer ontwikkel is, want die ontsluiting gebeur te spoedig. DIt is steeds ‘n heerlike storie en ek het baie lekker hieraan gelees. Welgedaan.
Die skooljuffrou (2)
Ek het lekker hieraan gelees. Dankie vir jou deelname.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.