beloftes
vanoggend sit ek op my duin
en met my verkyker gefokus
hou ek die politieke stofstorm
in sy lae, onderhands en oop
dop met ‘n fyne kritiese oog
dit is nie meer net ‘n ou wolkie
nee dit is nou al ‘n tsunami
van vuil klipperige wolke stof
wat tot in die stratosfeer styg
dit self byna in ‘n baan lanseer
van laag onder op die duine
borrel dit kwaad en uitbundig
lê in lae van halwe waarhede
tussen wit leuens en swartes
duidelik onderskeibaar in sig
snaakste van alles is die storie
geskiedenis word nie gemaak
anders as niksseggende nulle
geen ene in die databank nie
stof wat nie eens nadenke wek
ver oor die see se verre ronding
lê daar beloftes van kouefronte
wat dalk hierdie stof-monster
kan kom benat met helende reën
dalk die modder uitwas tot reëel
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.