Jongste aktiwiteit:

Bos

die groen naalde blink
oor vlak grond hange
mens geplant
teen fynbos bergwang.

teen die strome
onverstoorde voormens
oer oue bome
sonder rankskik
ń deurmekaar harebos.

Netjiese denne rye ruik na
skoon badkamers in
vyfster hotelle
vir uitheemse
gaste.

my neus en vel
reuk ons bos
ongestoord deur eeue
as moeder mufgoed
omdat God se blare
roekeloos val.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed