Jongste aktiwiteit:

BERUSTING

BERUSTING
Altyd gewonder wanneer die keuse sou kom,
altyd gewonder ‘hoe’ die keuse sou kom.
Die besluit geneem,
weldeurdag, lankverwag.
Nou berus ek in myself
dat ek myself laat wen
want die besluit is geneem.
Baljaar en huppel in die vrede,
die aanvaarding
van my unieke voetpad.
Die pad gekies en ek weet,
dis my roete, my weg.
Volle berusting in die pad,
nogsteeds my pad.
Want sien…
Die les in die pad…
is nog altyd die moeite werd.




1 Kommentaar

  • Inkmoderator

    Gerhard, as digters trap ons maklik in die strik van langasem-wees; ons wil té veel sê en behandel 'n vers asof dit 'n tesis is. Woordekonomie is een van die pilare wat digwerk gesond en aantreklik hou. Kyk wat het ek hieronder met jou vers gedoen. Ek wil nie hê jy moet joune so aanpas nie, want jy moet jou identiteit behou, maar op hierdie grondslag wil ek vra dat jy weer na jou vers gaan kyk en daaraan knip tot al die onnodige (herhalende) woorde en frases weg is. Ek help graag verder. Laat gerus 'n inboks boodskap en plaas sommer jou gedig daar tot ons klaar daaraan geskaaf het. Altyd gewonder wanneer die keuse sou kom, en hóé? Besluit geneem: weldeurdag, lankverwag. Berusting volg dat ek sal wen in aanvaarding en vrede van my unieke pad. Dis my roete, mý weg. en die les daarin – ewig die moeite werd. Skryfgroete IM

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed