Jongste aktiwiteit:

bietjie, bietjie maak meer

 

 

nga zwiuku nga zwiuku zwi ita zwinzhi

 

so teen dagbreek het my gedagtes verspring

terwyl die geluid van brekende golwe om my dreun

ver terug in jare, na die geluid van dreunsang

van Venda werkers wat ritmies skoffel in die land

in die dae van werk vir ‘n sak mielies

 

tshioni tshi imba zwavhui vhukuma

 

die geluid van voëltjies in die bosveldbome

gekras van kraaie en die dreun van berghaanvlerke

kransduiwe se bromgeluide by hul getakte neste

tarentaal se klaende geroep na hul kinders

bergpatrys se gekraai met eerstelig

 

vhubvaduvha vhukovhela hayani ha khwine

 

al trek jy oor die hele wêreld rond

vergeet jy nooit waar jou tande geslyp was

waar jou eerste wankelende tree

oor grasstoppels beweeg het

jou wortels diep gevestig

 

Mudzimu u dzula e na vhana vhawe

 

soos gedagtes kan sweef oor tyd en tye

kan jou omstandighede verander

maar jou ankers sal bly voort bestaan

sal jou altyd weer kan bind

Emmanuel : “God met ons”

 

© Tearlach.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed