Reën
ek is lief vir die reën
en druppels oor my waai
vermurf my hart van seën
sagte strand van my baai
waar golwe dreunend ruis
visserskuite harders aflaai
elke sonop sy unieke mooi
genadegawes wat aanraak
wind wat alles wil verstrooi
al voel jy soms jy kan kraak
dat jou geloof soms wil afkoel
soos koue druppels jou raak
Skepper het met jou Sy doel
so kan elke dag jou eie voel
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.