Jongste aktiwiteit:

Bloedsweet bladsye

Meer as ñ duisend gedigte
leeg gebloei op bladsye
hoe die ink so lieftalig
die wit kon versier
met die verlange
wat hier binne my
wou uitklim

woorde ge-uiter
laatnagte se duister
die motiewe in drank
en toenadering soek
in meer as net woorde
om elke hoek

die wellus van sonde
en die hunkering na meer
hoe trane my kon leer
dat liefde nie veronderstel is
om jou dood te maak nie

maar dat die gebloei
op bladsye
jou binnestes kon oop breek
sodat jy kon leeg bloei
in jou liefde vir passie

na meer as ñ duisend gedigte
dra ek nie meer kruise
wat lankal neergelê
moes word nie

die wording in woorde
wat lêplek kry in die
lyne van bloedsweet
vorm en maak jou
vir die regte lewe groot.

© 2018 C. Holder




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed