Bitter wind
Die ellende van dementia
laat jou woorde beperk
die konteks van jou sinne
maak gate in jou geheue
Tyd is min gepla,selfs onsimpatiek
oorblyfsels van jare terug
eggo nog net die wind se huil
hartseer deur die geroeste wrak
En hoe kan ek nou luister
na jou verlate fluister
deur die lewe uitgewan
soos die van ‘n ou man
Bloeiend kyk ek na hom
maar daar is geen genade nie!
stil, verwese is my hart
oor die verskuilde smart
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.