Ysengel
op ‘n plaas Die Eike buite Ceres
in die koue bokkeveld
bly Klara saam met haar ouers
waar sy elke dag haar blinde pa help
om vuurmaakhout bymekaar te maak
vir kos en om hul huisie warm te hou
een koue wintersdag
was dit te koud, is hy alleen uit
toe hy te lank wegbly
begin sy bekommerd orals na hom soek
sy moet hom kry voor haar ma terugkeer
maar sy kry hom nêrens
alleen, koud en verdwaal
stoei sy deur ys en kapok
met ‘n hart wat vreesagtig klop
oor die nag wat nadersluip
gly sy op gladde klippe en val
dapper klein Klara se ure is getel
sy was te moeg, te koud om op te staan
in ysige water verdrink sy
haar verkluimde lyfie stokstyf geys
die koue bokkeveld se winter
slaan sy ysige Julie kloue diep
die dood het ‘n ysengel kom steel
© Jessica Venter
14/5/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.