Jongste aktiwiteit:

Passiedans

in ‘n stadige statige somerswals
om my enkels sjiesh sjoesh sjiesh my rok
met ‘n een twee drie heen en weer sweef
is ons verlore in die oomblik

met ‘n tiekiedraai waai swaai
seil ons sierlik sigsag oor die vloer
in die arms van my signore
heup ons ‘n super sexy salsa

my voete klippetie-klop kappetie-klok
deur spaanse ritmes meegevoer
in ‘n fisiese feesvier verleiding
as ons liefdesvlam warm in ons harte brand

ons lywe praat hul eie taal
wanneer sjiek musiek liriek deur ons pols
trippel tone in tangoritme
met ons harte se passiedans

© Jessica Venter
7/5/2018




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed