ONTHOU SE PYN
soms kom hy saggies
sluipend
ongemerk
nader
soms ‘n bliksemstraal
donderend
brekend
vernietigend
my hart die prooi
woorde
gedagtes
onthou-jy’s
beelde
wat speel en lag en spot
met my verwonde hart
jou beeld ‘n eggo
in
my
stukkende
verwonde
siel
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Ek hoop ek vind die persoon op ń beter plek, maar dan is alle ervaring goed al is dit seer. Mooi gedig laat hoor weer van jou asb. Kommetaar: Ek is geen kenner vd tegniese aspekte vd digkuns nie, die volgende is net my eie leer proses so leer ons bymekaar; Die uitleg na enkel woorde in die laaste vers is goed vir my want die emosies is dan skerp en een een