Jongste aktiwiteit:

ou kerkie (ode)

onthou jy nog die ou kerkie
waar hy op die heuwel staan
met sy regop toring as baken
vir die boere wat soontoe gaan

onthou jy nog die manelpakke
wat ouderlinge en dominee dra
en boere met hul beste kispakke
en tannies met kappies so fraai

onthou jy nog hoe die balke bewe
as dominees ernstig raak in preek
die helder stemme van gemeente
wat saam met traporrel laat beef

onthou jy nog die bokkiewaens
en ossewaens wat met nagmaal
ingeryg staan by die uitspanning
kinders en touleiers wat baljaar

onthou jy nog die nagmaalvure
wat saans by uitspanning brand
die jolige atmosfeer en spontane
sing en dans van jongmense daar

onthou jy dalk die askoeke gebak
vars plaasbotter en swart koffie
skaapribbetjies oor kole gebraai
en self gemaalde mieliemeel-pap

onthou jy nog daarvan ou boer
of was jy nooit daar om te sien
en het jou oupas en oumas nooit
aan jou vertel hoe dit toe was nie

©Teárlach




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed