Jongste aktiwiteit:

Blou-silwer trane

Kyk jy ook in die aand na die sterre
en wonder, droom en wens
kyk jy ook hoe die maan
donsig mooi sy weg deur die donker baan

En hier waar ek staan
waar stukkies, bietjies
inmekaar begin pas
vir die glimlag op jou lippe sag

Begin my hart versag
laat my dieper en dieper
vir liefde en geluk
in jou siel in delf

Blou-silwer trane
glim op my wang
hemelblou skyn my hart vir jou
waar ek styf aan hierdie droom vashou




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak