Bosveld
Haakdoring,knoppiesdoring,apiesdoring
Bosveld jy is mos koning.
Kliprand,bosrand,grasrand
vir ander is jy nvreemde land.
Bloulug,donderweer,stortreen
vir ons bly jy n seen .
Koedoe,rooibok,waterbok
ossewa,perdewa,en sambok
stofpad,gruispad,wildspad
Ons hier glo in die Ewige pad.
Sprinkaan,koringkriek en miskruier
In ons bosveld word daar goed gekuier.
Karee, blinkbaar,tolbos
ons gaan jou nie los.
Jy ishartlik,vreugde en rus.
Jou warmte,kalmte gee ander gemoedsrus.
Bosveld, rusplek,laeveld
vleiland,my bkyplek,ons vreugde veld.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie Oop en nuwe projek