Breinbewus.
Breinbewus.
Ek voel vloeistof loop uit my ore uit.
Toe ek die woorde hoor, draai ek dit n rukkie rond in my gedagtes.
En ek besluit om tog met die woorde en die werklikheid te speel.
Toe ek laas vir die suster vertel dat ek bewus is van n ligte vloeistobeweging uit my oor, het sy dadelik met n onheilsdreigstem verklaar dat vloeistof so naby aan jou brein wat uitvloei n rede tot verdere ondersoek is!, vertel ek hom aan ons gesellige tafeltjie,.
Op die boot wou die kind niks weet van in die rivierwater ingaan nie. Die geleentheid om te leer ski was vir hom glad nie aantreklik nie.
Die dokter wou toe weet wat is fout?
Nee, reageer die kind.
Die water gaan deur sy ore in sy brein invloei!
Gelukkig was dit n dokter wat die kind leer ski het.
En mooi gerusstellend verduidelik het dat water nie van buite, deur n mens se ore, in jou brein kan invloei nie.
Ons kon lekker aan die ontbyttafel so saam met die oorpyn, lag oor die voorval.
Mediese personeel moet tog meer versigtig reageer en nie mense se vrese en angste onnodig aanwakker nie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.