Jongste aktiwiteit:

Aandag lede: Inligting vir samewerking met Dagbreek uitgewers

Ek deel graag die volgende inligtingstuk met die INK lede, maak asb gebruik daarvan indien u dit sou verkies

Dagbreek Uitgewers is met die doel gestig om nuwe skrywers van hulp te wees met die publisering van hulle werke, Fiksie, Nie-Fiksie sowel as Romanse. Manuskripte kan aan dagbreekuitgewers@gmail.com ge-epos word vir goedkeuring. Erkende + Gesoute skrywers is ook welkom. Website: www.dagbreekuitgewers.co.za

Dagbreek Uitgewers fokus op talente van nuwe skrywers. Ons publiseer fiksie, niefiksie en digbundels. Ons aanvaar graag manuskripvoorleggings van nuwe skrywers vir oorweging.

Let wel, met die volgende riglynne in gedagte

1. Met ontvangs van jou manuskrip sal Dagbreek per e-pos ontvangs daarvan erken.

2. ‘n Wag periode van ten minste drie maande moet toegelaat word om ‘n keuring af te handel en oor publikasie te besluit. Navrae kan na drie maande gedoen word, indien daar nog geen terugvoering is nie.

3. Skrywer word vriendelik versoek om indien manuskripte aan ons gestuur is, nie ander uitgewers te nader nie.

4. ‘n Dekbrief by jou manuskrip moet asseblief ingesluit wees met die volgende inligting: Kontakbesonderhede, jou teikenmark, ‘n sinopsis en ‘n kort publikasie agtergrond, indien jy reeds gepubliseer het

5. Hoewel Dagbreek Uitgewers alle moontlike voorsorg tref met manuskripte, aanvaar ons geen aanspreeklikheid vir enige moontlike verlies of beskadiging nie en word dit op eie risiko gedoen. Dit is dus raadsaam om altyd ‘n afskrif van ‘n manuskrip te stuur, en nie die oorspronklike materiaal nie.

6. Uitgewers is onder geen verpligting om kommentaar op ‘n manuskrip te lewer of redes vir die afkeuring daarvan te verstrek nie.

Fiksie, Nie fiksie en Digbundels

Algemene vereistes

1. Volledig manuskripte moet voorgelê word.

2. Eie voorkeur vir voorskrifte vir die lettertipe, lettergrootte en spasiëring. Manuskripte kan elektronies gestuur word. Geen geskrewe manuskripte sal oorweeg word nie.

3. Die maniskripte moet vergesel word van ‘n kort CV van die skrywer met die nodige kontakbesonderhede.

4. Manuskripte moet oor die volgende inligting beskik:

1 ‘n Voorwoord waarin die konsep verduidelik word en wie die beoogde teiken mark is.

2 ‘n Volledige inhoud opgawe met ‘n toenaderde woordtelling per hoofstuk.

3 Illustrasies en foto’s moet saam met die manuskrip voorsien word, waar dit vorm van die manuskrip en in ander gevalle waar dit beskikbaar is.

4 Digbundels moet vergesel word met ‘n inhouds opgawe van alle gelewerde gedigte.

Alle manuskripte moet voorsien word met ‘n titelbladsy waar sy naam, adres, e-pos en kontakbesonderhede gelys word. Asook ten minste drie boek titels. Skrywers word aangeraai om titels wat liries of te lank is, te vermy.

Kopiereg 2013

Dagbreek Uitgewers.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed