BRUILOFSPRAG
Gered, getooi met bruilofsprag,
op U alleen sal ek wag.
Want U is die HERE, my rots en krag.
Selfs al verander alles in donkernag,
sal ek juig en sing oor U koninklike prag.
Want die vreugde van die HERE is my beskutting en mag.
Verhef, o HERE, oor my u aangesig,
dat ek mag lewe; in die lig.
My hart verewig op U getuienis gerig,
kom, tog gou, HERE is my hart se gesug.
In dankbaarheidsdiens dag en nag,
sal ek my bruídegom in wag,
gered, getooi met bruilofsprag,
met die Gees verseël tot op daardie dag!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.