Daarom Is Ek Lief
Daarom Is Ek Lief
Toe sien God alles wat Hy gemaak
het en dit was alles goed in Sy oë,
daarom is ek lief vir die lewe en
die wêreld want Hy het dit goed gevind—
Ek is lief vir al die geskape skoonheid
in die natuur van fauna en flora ook
berge , vlaktes en deinende oseane—
Ek is lief vir die skone kunste
van woord en lied en skilder
want selfs die Wysheid as kunstenaar
en Skepper het die skoonheid geniet want
toe God die fondamente van die aarde
vasgelê het sê die Wysheid, was Ek
‘n kunstenaar naas Hom, en Ek was
dag vir dag vol verlustiging en het
altyd gespeel voor Sy aangesig—
Daarom is ek ook lief vir Sy grootse
kunstenaarskepping, die unieke ou aarde,
nie eens ‘n spikkel in die oneindige heelal
nie en ek verlustig my in hierdie kort lewe
van my op die wonderskone ondermaanse
in al die geskape skoonheid
nes die Wysheid—
Janetta – Helena [Babs] ©
2 Kommentare
-
Evelyn van der Merwe
Die Skepper se natuurskets baie mooi hier uiteengesit en mens kan nie anders as om dit lief te hê nie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Zymrly
Ek dink hierdie lieflike woordskets kan deurgaan as 'n Psalm.