Ek het vandag vir Jesus gekruisig
Toe ek die spykers deur Sy hande kap
aangevuur deur my sondige natuur
het Hy met deernis na my gekyk
Die Liefde het nie uit Sy oë gewyk
toe Hy pleit: “Vader vergeef hom
want hy weet nie wat hy doen nie”
Hy het gesê: “Ek het dors”
Toe doop ek die spons in die
suurwyn en druk dit spottend
teen Sy mond aangehits deur
die woede in my hart Hom van
Sy Goddelikheid probeer stroop.
Dit was my hand wat die spies
by Sy, sy ingedruk het om te
besvestig Hy is waarlik dood
‘n Oomblik groot want wat het
Hy nou eintlik bewys toe Hy
hard uitroep: “Vader in U hande
gee ek my gees oor”
Maar toe die duisternis donker
oor my neerdaal en ek onverdiend
deur Sy Gees gevul word in
vergifnis het my seer genees en
die woede uit my hart gewyk
In skaamte het ek by die kruis gekniel
en het ek dringend by God kom pleit
“Here wees my arme sondaar genadig”
© Zymrly 7 April 2016
3 Kommentare
-
Koekekranka
'n Weldeurdagte en sielvolle werk wat mens nederig-dankbaar laat 'amen' juig. Baie dankie Vriend, jou deurgee van hierdie wondergebeure het my diep geraak.
-
Evelyn van der Merwe
'n Gebed wat ieder en elk maar daagliks kan herhaal want is ons nie almal maar sondaars maar ons moet egter nooit vergeet dat Hy reeds vir dit betaal het aan die kruis. Pragtig gepen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
borrels
Sjoe, 'n kragtige gedig. Welgedaan.