Anker
anker
as ons gaan slaap
in ons ou houthuis
voor op die sand
van Adresloosstrand
droom ons
van mekaar
gebind sonder winters
net die son wat skyn
en my hart losruk
uit my bors
en gaan anker
teen jou lyf
©Anton Kilian
2 Kommentare
-
neels
Baie mooi gestel
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Meermin
Lief die een!