Vergifnis
Vergifnis
Daar is geen volkome vergifnis
op aarde te vinde nie want
die gif bly steeds vassteek in
die middelste lettergreep daarom
sê die mens ek vergewe maar
ek vergeet nooit omdat niks die
gif kan uitwis uit jou geheue nie.
Daar word wel met groot vertoon
hande geskud om die vrede te beseël
maar dis dikwels net skyn en die
verhouding is nooit weer dieselfde nie.
Slegs ons hemelse Vader in Sy
Goddelike volmaaktheid kon sê:
Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg
om My ontwil, en aan jou sondes
dink ek nie, en Sy sondelose seun
as ons plaasbekleder het die hoogste
tol betaal vir ons vryspraak—
Die mens is nie tot so ‘n volkome
vergifnis instaat nie want jy skenk
vergifnis, maar vergeet nooit —
Janetta – Helena [Babs] ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Goed gestel, Janetta :-)