
Hoe glo jy in liefde
Hoe skryf jy van liefde
as jou hartmure bloei
oor distels van glisters
waar geen rose meer groei
Hoe lig jy loodswaar hoof
na die goudstraal van son
as jou hele wese ween
oor – as dit maar net kon
Hoe hoor jy die geroep
van tortelduif na sy maat
as jy steeks staan trippel
in eie moedeloos straat
Hoe sien jy vlindervlerke
as oogklap pupille omvou
slegs donker put se mure
waaraan lense heeldag klou
Hoe glo jy in die liefde
wat telkens sweepslag kloof
so word jy maar weereens
van jou menswees beroof
8 Kommentare
-
-
Zymrly
Sterk sosiale kommentaar in 'n uitstekende gedig uitgebeeld.
-
Meermin
Saggies geskets. Hou van.
-
borrels
Pragtige vers Evelyn. Hou van jou inleiding ... "Hoe skryf jy van liefde as jou hartmure bloei"
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
evelyn dit is n pragwerk wat aan die hart vat