Dagdrome van ‘n oulyf
Aai jaai jaai jaai
sommer lus en skop my eie gaai
daar doen ek dit alweer
telkemale keer op keer
laat ek myself glo
ek kan toor met bibbidi-bobbidi-boo
werk myself weer oor ‘n mik
o spanningsvlak jy wat so op my pik
kom ontspan die ou lyf
rek en strek daai spiere die is styf
al is die lyf oud bly die gees o so jonk
is die oulyf nog vol gewillige vonk
die musiek raas in my kop
laat my kaalvoete ritmies klop
sing ek uit volle bors
met ‘n vuil vloer vol seepwater bemors
gryp ek Cinderela se feetjie besem
dans ek katvoet op seepgladde vloer myself uitasem
skielik staan ou gespierde Zorro daar
en ek weet met ‘n bonsende hart drome word waar
© Anita van der Walt
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.