Jongste aktiwiteit:

Dan skryf ek dit in die sand

Dan skryf ek dit in die sand

Hoor jy my dan nie,
sien jy my dan nie raak nie
klaarlyklik so onbewus van my bestaan?
Ek wil jou liefde en aandag hê jou naam
skrywe ek in reënboogsierletters in my hart
al vat hulle al die blou ink van my weg
en stort dit in die oseaan en kleur
sy blou nog blouer, en al vat hul
al die groen ink van my weg en
kleur die grasse nog groener, of
vat al die rooi ink van my weg en
kleur die rooidag en aandskemerings
rooier en sekelmaannagte inkswarter,
vat al die potlode en griffels van my weg
uiteindelik al die skryfbehoeftes, dan skrywe
ek jou naam vinger in die sand of graffito
dit met klip op rotse en leiklip dat almal sien,
of basuin met woord en lied uit my hart uit
dat ek jou lief het, jy is myne.

Janetta – Helena [Babs]©




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed