Jongste aktiwiteit:

Getel Getel Geweeg Gedeel

geliefde nooi my mooi my lief verlief
smetteloos vlekkeloos prysloos
bemin oorwin gewin
verbeel gedroom gevra geseël

Breek die neut van hard vergeet
Net brood van verlange geëet
Die suur en bitter wyn
Woestyn van pyn van nimmer weet

Dae gaan verby en dae van verdriet
Ek skryf vir jou my minnelied
Leeukuildae kom en gaan tot niet
Wag vir my wag vir my

Wag vir my, my meisie skoon teer en rein
Wag vir my, oë so sag so warm so bruin
Sag soos duiwe warm soos mossies
Wag tog nog net nog ‘n rukkie vir my

kruis huis keis kuis lug vlug
gebel vertel ontstel
lig sig salig verlig
draal nael haal betaal

Spot en lag trotsaard kaboeter giggeltjie!
Oë wat my vervloek hart wat my verag
Tong wat my martel soos vlamme my brand
Nag en dag verdraai saad van verraad gesaai

Konkel en kinkel agter in die winkel
Laaitie giggel-giggeltjie tie-hie-hie!

lieg gelieg belieg bedrieg
gedra verdra slae gevra

vermaak gemaak versaak geraak
bandeloos roekeloos gewetenloos
kosteloos hulpeloos leweloos
gemaak gewraak bewaak bemaak

verdraai verraai gemaai gebraai
leeg gedeug geweeg gepleeg
geneem gevat gesteel besteel
ingehaal verdwaal gaan haal

Betaal

Jou dag het gekom jou hart is geweeg
Jou laaste uur die skrif teen die muur
Jou woorde getel gemeet met jou maat
Stadig en fyn duur gemael in die meul

Steek jou hande in die vuur wat eet
Jou vel jou hare jy skroei stink en skreeu
Jou vleis brand in die vlamme se vreet
Drink bitter wraak jou beker se maat

gevrees gevaar vervlees
beweer vereer gekeer beseer
geleer eer meer seer sweer
gestel wel gebel hel bestel

bereken gereken en geteken
geteken gehaal en gevat

Getel geweeg gemeet getoets
Geplus ge-minus gereken geskryf
Getoets getel geweeg
Gemaal gesom gereken geskryf

Gewreek

Getel geweeg gedeel geneem
Getel gemeet geweeg gegee
Getel getel geweeg gedeel
Getel

tik tik tik
tik
tik

Die Weegskaal




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed