dankie ens
–
eenvoudige woordjie
dankie… gil die strandlopertjie
draf dan haastig weg
–
betekenisvolle woordjie
dankie… gil die meeue in die wind
sweef dan rustig voort
–
onwillekeurige woordjie
dankie… prewel ek die woord saggies
en staan op uit die stof
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.