
diagnose
die kind lewe nog
die kind is nie komatoos
die kind keer terug na kus
die kind regeer oor almal
die kind is sonder gewete
die kind is stert sonder kop
die kind het nooit geslaap
die kind smeer vol bloed
die kind rook in suile
die kind sal trek
die kind bly lê
die kind lê roerloos
die kind het teveel gehad
die kind se ouers gee nie om
die kind raak verlore in mis
die kind rus onder kluite
die kind is eindelik stil
die kind gediagnoseer
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.