
Diamantgedig (SILWER)
(Kontrasterende standpunte ten opsigte van emosies)
emosies
besorgd gelukkig
bemin beskerm aanbid
soekend verlangend smagtend voelend
koester ervaar bewonder
ewige passievolle
liefde
***
emosies
onrustig prikkelbaar
verwerp verraai verlaat
gedroom gesmeek gehuil gehoop
verlang huil treur
verlate alleen
odium
©MarleneErasmus
30/09/2023
Voetnota:
*odium – haat
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2023 – OOP projek