Jongste aktiwiteit:

Die blom op sy vel

Die blom op sy vel

Skurwe tone –
flenter tone,
kettie in die sak
wag jy vir jou pak,
met stokkie lekker in die kies
weet jy nie waaroor al die vies.

Koggel Kees sit nog in die boom
met sy stert en speel… al te vroom,
jy’t gemik toe jou arm swik
en laat tante skree van die skrik.

Vinger draai en bene swaai
sit jy op die stoep en raai
wat oom Piet Hoed nou gaan maak
in hierdie benoude benarde saak.

Jy sien, met die mis van Kees
tref die “ghoen” tante se skeen
en laat haar skree in ‘n ander taal
tot hulp na bowe om genae.

Nou hink-en-pink sy met been geswel
en jy sit vir Kees en vertel
van die gemors wat blom op jou vel
en wat nou nog brand soos hel.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed