Jongste aktiwiteit:

Wind Melodie

Wind Melodie

Wind fluister saggies tussen graspol
en “Nqoba”, ritsel roer tussen soutbos
wyl hy dwarrelend die rolbos tol.

Ek roep in die eggo’s van verdwaal
soos ek drentel onder die maanlig prag
en stap stadig deur die donker nag
en verken die voetspoor laan.

Antwoord ek saam met die naguil,
en aanskou hoe die nagkaros
die meerkat gate versluier
en wind trippel trippel
oor die grashalm koppe
om stilte nie te waak in sy skuil.

Nestel ek in die holte van ster’skiet,
breek vir oulaas ‘n granaat oop –
onder windpomp se aanloop
en neurie saam die swingel lied.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed