Jongste aktiwiteit:

Die dag toe ek begin lewe

Die dag toe ek begin lewe
Dood staar na my dit is ‘n gegewe
Maar my oë bly oop danksy dit wat ek na strewe

Vir lank het ek gaan soek
Wat staan in die einde van my boek
En jou geskuif daar in die donker hoek
Elke dag het ek die lewe vervloek

Ek het geld gejaag
Elke aand tuis moeg, kop onderste bo, uitasem gesit en blaas

My hart het verlang
Na iets wat vergaan
Iets wat my hart nie kon verstaan

Op ‘n dag het my kop my gelos
Spasie gemaak vir so bietjie siel kos
In ‘n oogwink van die kettings verlos
My oë wyd oop aanskou ek my gemors

Ek sien jou raak
Ek sien elke wens wat jou hart maak

Ek sien jou glimlag
Fyn en sag
Hier voor staan my als wat ek najaag, my kind in al haar prag
Die groot sukses waarna my hart en siel smag

Ek wou jou leer oor die lewens verhaal
Maar ek het iewers lanks die pad verdwaal
In my kop was jou toekoms so spesiaal
Ek het jou drome in grootmens gebare probeer vertaal

Ek begin nou te lewe
Met ‘n hart wat toekyk wat my siel na strewe
Môre is daar maar nou is ewe skielik die gegewe
My belofte aan jou in my gedig geskrewe

Deur
Regardt Belo




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak